Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) organiseer verskillende leergeleenthede soos programme, kursusse en konferensies wat gerig is op die ontwikkeling van die volgehoue bedieningsvaardighede van leiers in die NG Kerk. Ons skep leergemeenskappe wat leiers help om in die veranderende kontekste waarin ons bedien saam die koninkryk te soek en as dissipels te leef.
Die sentrum is deel van die Kuratorium van die Universiteit van Pretoria. Excelsus is een van die diensverskaffers van die NG Kerk se Taakspan vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO).
Kerkvergaderings
Vergaderings wat Lewe Gee: Hoekom die Kerk Anders Werk Onlangs het ’n groep leraars die geleentheid gehad om ’n verrykende VBO-sessie by te woon onder leiding van Prof. Johan van der Merwe. Die sentrale tema van die dag was ’n kragtige vertrekpunt vir enigeen...
Mentorskapopleiding
Mentorskap 2026: ’n Reis van Vervulling, Balans en Groei Wat het ’n predikant regtig nodig om te floreer? In ’n bediening waar verwagtinge hoog en ritmes intens is, ontdek ons al hoe meer dat kennis alleen nie genoeg is nie. Ons het mense nodig wat saam met ons kan...
Kerk en samelewing konferensie
'n Terugblik, ’n gesprek en ’n soeke na ’n profetiese publieke getuienis Van 17 tot 19 Maart 2026 word predikante, gemeenteleiers en navorsers genooi na ’n besondere Kerk en Samelewing-konferensie by NG Kerk Stellastraat Gemeente in Pretoria. Hierdie byeenkoms bied...
Beplan jou Aftrede
Aftrede Berei voor vir ’n nuwe seisoen van jou roeping Kursusbeskrywing: Aftrede is nie ’n punt aan die einde van ’n sin nie. Dit is ’n komma.’n Oorgang na ’n nuwe lewensfase waarin ervaring verdiep, wysheid ryp word en roeping nuwe vorme aanneem. By Excelsus nooi ons...
Die kerk en sending: Geroep, Gevorm, Gestuur
Ons leef in ‘n tyd waar baie min plaaslike gemeentes by sending betrokke is. Meeste gemeentes sê hulle is missional. Maar wat verstaan ons/hulle daarmee? Ons gaan praat oor die identiteit van die kerk, “want die kerk is wat die kerk doen”, of nie? Temas wat ons sal...
“Vir ‘n tyd soos hierdie”: Oor ambisie, vrede en wat ons dink ons weet
Daar is talle aanduidings dat ons onsself in ‘n andersoortige uitdagende tydperk bevind, waarin ons buitengewoon onvergenoegd is met mekaar, waarin ons mekaar vertrap te midde van kompetisie (ambisie), en waarin ons gewelddadig word oor ons verstaan van waarheid en...
Praktiese Teologie in 2026
Praktiese Teologie: Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak? Excelsus-webinaar • 19 Februarie 2026 • Aanlyn • 08:30–15:30 Praktiese Teologie is ’n vakgebied wat nooit stilstaan nie. Dit leef — in gemeentes, in sosiale konteks, in...
Inspirerende Leierskap
’n Nuwe taal van Leierskap: Integriteit, Fokus en Menswaardigheid In ’n wêreld waar die eise op leiers al meer kompleks, vinnig en onvoorspelbaar raak, word die vraag na inspirerende leierskap al hoe dringender. Nie die soort leierskap wat mense jaag vir uitkomste of...
Vrywilligers in die kerk
Vrywilligersbestuur Geloofsgroei eerder as goedkoop arbeid – Bestuurswetenskappe in die Koninkryk. Gemeentes is afhanklik van vrywilligers en diens in ‘n gemeente word gesien as ‘n daad van geloof deur lidmate. Dikwels word die tydperk van diens met uitbranding,...
Vind God in die Gewone
Vind God in die Gewone: ’n Reis van 40 Dae wat Gemeentes Nuut Vorm In ’n wêreld wat teen ’n asemrowende tempo beweeg, raak dit al hoe moeiliker om God se teenwoordigheid raak te sien in die alledaagse. Ons leef vol skedules, vol verantwoordelikhede — en vol hunkering...
Raamwerk vir bedieningsontwikkeling
Ons is opgewonde om saam met ons vennote in Kerklike Opleiding te werk aan die ontwikkeling van kapasiteite. Hierdie raamwerk wat in die handleiding Geroep, Gevorm, Gestuur beskryf word skep ook vir die VBO ‘n raamwerk vir ons werk. Klik op die raamwerk om die handleiding af te laai.
Raak deel van die Leergemeenskappe
Predikante onderneem om elke jaar 50 VBO punte te versamel. Elke uur se aktiewe leer is 1 VBO punt. Om meer te leer oor jou VBO punte en hoe om dit te verwerf kliek hier










