Gestalt Spelterapie werkswinkels

Spelterapie vir predikante

Het jy al ooit ʼn dooiepunt in pastorale gesprekke met mense bereik? ʼn Plek waar jy en die persoon deeglik begryp en verstaan wat alles aan die gang is, maar julle bly steeds vassit waar julle is? Wil jy graag ontdek hoe ons by mense se dieper motiewe en innerlike dryfvere kan uitkom, sodat hulle die uitdagings van die lewe kan prosesseer?

Gestalt-spelterapie is 'n praktiese en toeganklike manier om jou pastorale werk te verryk. Hierdie kursus leer jou hoe om mense op 'n holistiese wyse te ondersteun. Tradisionele pastoraat fokus dikwels op stories, sinne en geloofsbegrippe. In ʼn terapeutiese sin verwys ons na “praatterapie”.

Hierteenoor help Gestalt-spelterapie ons om nie net interaksie met ons gedagtes en sinne te hê nie, maar ook met ons harte en liggame. Dit maak die deur wawyd oop om veral met kinders en jongmense te werk.

In hierdie kursus leer jy hoe om bewustheid te gebruik om die volle menslike ervaring te betrek. Die spelterapie-element bied eenvoudige en kreatiewe oefeninge wat jou help om kontak te maak met diepere emosies en ervarings. Jy sal leer om deur verskeie mediums nuwe perspektiewe te ontdek en te verwerk, wat jou sal help om 'n meer inklusiewe pastorale benadering te hê.

Belangrike pluspunte van Gestalt-spelterapie sluit in:

  • Verhoogde selfbewustheid en emosionele begrip
  • Integrasie van liggaam en gees vir holistiese genesing
  • Praktiese en kreatiewe gereedskap vir pastorale sorg
  • 'n Dieper begrip van menslike belewenis en identiteit

Skryf in vir hierdie kursusse en ontdek hoe jy deur eenvoudige spel- en bewuswordingsoefeninge jou pastorale werk kan versterk. Dit is 'n uitnodiging om nuwe maniere te leer om te ondersteun en te genees, vir jouself sowel as vir die mense rondom jou. In hierdie bied Dr. Siegfried Louw die Inleidende - en gevorderde kursus aan (die inleidende kursus gee toegang tot die gevorderde kursus).

Inleidende kursus

Roosboomtegniek

Sandbak

Leë stoel tegniek

Paradoksale teorie van verandering

Monster-tegniek

Kleiwerk en bibliospel

 

Gevorderde kursus

Groepwerk

Droomwerk

Trauma ontlonting

Huweliksberading

Familie konstellasies

 

 

Hermeneutiek en die Bybel
Hermeneutiek en die Bybel

Spelterapie Program Inleidend

Dag 1

09:00 Verwelkoming en inleiding

09:30 Roosboomtegniek

11:00 Koffie / Tee

11:30 Roosboomtegniek inoefening

13:00 Middagete

13:30 Sandbak

15:00 Koffieie / tee

15:30 Monstertegniek

Dag 2

09:00 Paradoksale teorie van verandering

11:00 Koffie / Tee

11:30 Leë stoel tegniek

13:00 Middagete

13:30 Leë stoel tegniek inoefening

15:00 Koffie / tee

15:30 Kleiwerk

Dag 3

09:00 Droomwerk

11:00 Koffie / Tee

11:30 Afsluiting

Spelterapie Program Gevorderd

Dag 1

14:00 Fenomenologiese dialoog

15:00 Koffie / tee

15:30 Fenomenologiese dialoog Inoefening

Dag 2

09:00 Verhoudingsberading in Gestalt

11:00 Koffie / Tee

11:30 Trauma ontlonting I

13:00 Middagete

13:30 Trauma ontlonting II

15:00 Koffie / tee 15:30 Groepwerk 1

Dag 3

09:00 Groepwerk 2

10:00 Familie konstellasies 1

11:00 Koffieie / Tee

11:30 Familie konstellasies 2

13:00 Vertek