AI en die Bediening

Inleiding tot Tegnologie in die Bedieningskonteks

 Dr. Pieter Visser fasiliteer hierdie webinaar.

Kursusbeskrywing:

Hierdie inleidende kursus is ontwerp om predikante bekend te stel aan die basiese toepassings van tegnologie in die bediening en die verskeie maniere waarop dit hulle tyd en moeite kan bespaar. Deelnemers sal leer hoe om tegnologie op te stel vir hul spesifieke bedieningsbehoeftes en eenvoudige tegnieke te gebruik om relevante inligting en inhoud te genereer wat hulle tyd kan spaar en ondersteun in die daaglikse bedieningswerk.

Inhoud en Doelwitte:

1. Oorsig van Tegnologie in die Bediening – ‘n Kort oorsig oor hoe tegnologie, insluitend gesofistikeerde hulpmiddels, soos AI, gebruik kan word om predikante by te staan in hulle daaglikse take.

2. Instelling en Verpersoonliking – Hoe om basiese tegnologie op te stel en aan te pas vir gereelde bedieningsgebruik, sodat dit relevante antwoorde en materiaal genereer wat by ‘n predikant se spesifieke konteks pas.

3. Basiese Opdragte en Soekstrategieë – ‘n Inleiding tot die gebruik van basiese opdragte of “prompts” en vrae wat help om spesifieke inligting vinnig op te spoor.

4. Praktiese Voorbeelde – Toepassing van basiese opdragte om preekopsommings, kindermomente, en Bybelstudie-vrae op te stel en hoe dit maklik aanpasbaar is by enige konteks.

Doel: Om predikante ‘n grondige begrip te gee van die basiese toepassings van tegnologie in die bediening, sodat hulle die potensiaal daarvan kan verken as ‘n ondersteunende hulpmiddel wat tyd bespaar en hulle taaklas verlig.

 

Hermeneutiek en die Bybel