Beplan jou Aftrede

Aftrede

Berei voor vir ’n nuwe seisoen van jou roeping

Kursusbeskrywing:

Aftrede is nie ’n punt aan die einde van ’n sin nie. Dit is ’n komma.
’n Oorgang na ’n nuwe lewensfase waarin ervaring verdiep, wysheid ryp word en roeping nuwe vorme aanneem.

By Excelsus nooi ons predikante wat oor aftrede besin – of reeds op die drumpel daarvan staan – na ’n twee-dag aanlyn werkswinkel wat eerlik, hoopvol en prakties met hierdie lewensoorgang werk. Hierdie webinaar help jou om aftrede nie net te verstaan nie, maar doelbewus te ontwerp: met aandag aan jou menswees, jou geloof, jou finansies en jou voortgaande betrokkenheid in God se wêreld.

Wat kan jy verwag?

Die werkswinkel bied ’n geïntegreerde benadering tot aftrede, met gesprekke oor:

  • die persoonlike, fisiese en emosionele impak van ouer word

  • aftrede as ’n betekenisvolle lewensoorgang

  • pensioenfonds-opsies en verantwoordelike beleggingskeuses

  • slaggate om te vermy in die finansiële beplanning van aftrede

  • toegespitste bediening en nuwe vorme van betrokkenheid

  • die wysheid en moontlikhede van brugbediening

  • ’n spiritualiteit van afronding, oorgang en nuwe beginne

Deurleefde sprekers – self diep gevorm deur jare in bediening en aftrede – begelei jou met insig, nugterheid en hoop om jou unieke aftreeseisoen met wysheid en doelgerigtheid te betree.

Programoorsig

Woensdag 25 Maart 2026

09:00 – 10:30 | Wat gebeur as ek ouer word? – Petrus Moolman
10:45 – 12:00 | Aftrede as lewensoorgang in die later jare – Petrus Moolman
13:00 – 14:15 | Pensioenfonds-opsies by aftrede – Fanie van Vuuren
14:30 – 15:15 | Slaggate van beleggings om te vermy – Fanie van Vuuren

Donderdag 26 Maart 2026

09:00 – 10:30 | Aftrede deur die oë van ’n “nog-nat-agter-die-ore” emeritus – Francois Retief
10:45 – 12:00 | Toegespitste bediening – Faure Louw
13:00 – 14:15 | Ontwerp jou unieke aftreeseisoen – Henk Gous
14:30 – 15:15 | Brugbediening verg jou wysheid – Henk Gous

Praktiese besonderhede

📅 Datum: 25–26 Maart 2026
💻 Formaat: Aanlyn
⏰ Tyd: 09:00–15:30
🎓 VBO-punte: 20
💰 Koste: R400 (registrasie via Quicket)
🗓 Sluitingsdatum: 23 Maart 2026

Hermeneutiek en die Bybel

Webinaarbiblioteek

Wil jy die opname kyk?

Opnames van die afgelope jaar stuur ons op versoek. Kyk dit, vul dan die VBO-refleksievorm in, en jy verdien steeds punte.