Bedieningsdiagnose en Brugbediening
Hierdie kursus bestaan uit die Bedieningsdiagnose en Brugbediening se eerste deel.
Indien jy slegs vir die Bedieningsdiagnose inskryf is hierdie kursus van 4-6 November.
As jy vir beide inskryf dan registreer jy by Excelsus en ook by die Universiteit en is die kursus van 4-7 November.
Bedieningsdiagnose
Excelsus gaan weer hierdie jaar ‘n werkswinkel aanbied waar predikante en ander gemeenteleiers opgelei word as begeleiers van ‘n Bedieningsdiagnose in gemeentes.Die werkswinkel berus op die werkboek “Bediening in en van Missionale Gemeentes” wat in 2016 deur Malan Nel en Kennon L Callahan gepubliseer is. Die nuwe werkboek waarmee gewerk word (Nel en Callahan 2016) is gebou op teologies gemotiveerde nadenke oor wie ons is en wat ons doen.
Registreer hier vir die Bedieningsdiagnose
Brugbediening
Die weggaan van ‘n predikant in ‘n gemeente laat so ’n gemeente in ’n tyd van bepaalde onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat ‘n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om reeds goed opgeleide predikante verder op te lei vir wat brug of interim bediening genoem word. Dit is doelgerigte en spesialis opleiding om gemeentes tydens hierdie oorgang periode, soms deur korporatiewe trauma heen, tot voordeel van die gemeente se nuwe toekoms te begelei en waar nodig te fasiliteer.
Kursusleier: Prof. Malan Nel
DOSENTE: Malan Nel, Roelf Opperman, Hannes J van Rensburg, Stephan de Beer en nog 6 ander.
KURSUSKOSTE – R3 100 (VAT INKL)
PLEK - NG Kerk, Stellastraat, Pretoria /DRC Stella Street, Pretoria.
VBO Krediete : 70
DATUMS: Deel 1 (4 - 7 November) , Deel 2 (24 - 27 Februarie 2025)
KONTAK - Irene Thomas , 012 420 4952
