Die Liturgiese Jaar
Die Jaar van God se genade
Dr. André Bartlett fasiliteer hierdie webinaar.
Die ritme van die kerklike jaar is ‘n kragtige hulpmiddel om die verhaal van die evangelie jaar na jaar in die erediens van ‘n gemeente oor te vertel. Op dié manier word daar uitdrukkking gegee aan die oortuiging dat die Christelike geloof nie in die eerste plek ‘n stel tydlose waarhede is nie, maar geanker is in die verhaal van God se handelinge met mense, en heel spesifiek in die lewensverhaal van Jesus Christus.
In hierdie werkswinkel word die kontoere van die kerklike jaar verken en word daar in besonder gevra na die wyse waarop die sintuie aangewend kan word met die oog ‘n ryker belewing van die liturgie.
