
In Pas leergemeenskappe
Die In Pas leergemeenskap werk al van 2020 om gemeentes te help om Ritmes, gewoontes en praktyke in te oefen sodat lidmate roepingsgetrou kan leef.
As deel van Excelsus se aanbieding word twee-dag leergemeenskappe gevorm om In Pas se praktyke in te oefen sodat gewoontes gevorm kan word. Soos in Pas in die verskillende streeksinodes geïmplementeer word, versterk dit ook die leergemeenskap.
Nadat ons in die Vrystaat so 'n leergemeenskap gevorm het skryf een van die deelnemers,
Dit was prakties … vir die eerste keer iets wat geloofsgroei prakties maak. Hier is iets wat ons as gemeente gaan help om nader aan God te groei, een tree op ‘n slag …
Om meer te leer oor In Pas, lees gerus meer op die beweging se webblad. Leiers kry 20 VBO punte wanneer so 'n twee-dag leergemeenskap meegemaak word.
