Joernalistieke Beginsels

Ons sien uit na 'n webinaar wat op 16 Augustus deur die Algemene Sinode se E-kom Netwerk aangebied gaan word. Kom verryk jou kennis deur saam met bekroonde joernaliste en kunsmatige intelligensie-kenners, Jana Marx en Carla Lewis te leer hoe om jou nuusbrief na nog hoër hoogtes te neem. Die aanlyn kursus kombineer beproefde joernalistieke tegnieke met die nuutste KI-praktyke omboeiende inhoud vir jou spesifieke gehoor te skep. Ná afloop van die eLeer-kursus sal deelnemers hul nuusbriewe vinniger kan saamstel en verbeterde inhoud skep deur basiese joernalistieke beginsels toe te pas en KI-hulpmiddels as redaksionele assistente te benut.

Daar is ’n voorafkursus van ’n halfuur wat op jul eie gedoen kan word en dan die kursus self op 16 Augustus 2024 om 09h00 wat 90 minute sal beloop.

 Kostes verbonde beloop R350 per persoon en sluit ook ’n gids met “tried and tested” prompts vir nuusbriewe in.  Hierdie fooi is betaalbaar aan die Algemene Sinode kantoor. Vind bankbesonderhede hier.

Kursus Inhoud

Kernpraktyke van die Joernalistiek

  • Definisie, belang en sleutelbeginsels
    • Akkurate, insiggewende en tydige verslaggewing
    • Skryf vir jou teikengehoor

Skep van nuuswaardige inhoud

  • Gebruik die 5 W's en H-raamwerk vir duidelikheid en struktuur
  • Identifiseer boeiende stories wat aanklank vind, inlig, inspireer en vermaak

Toepassing van goeie skryfbeginsels in nuusbriewe

  • Wat maak nuusbriewe se inhoud anders as gewone nuusberigte?
  • Die belangrikheid van ’n goeie onderwerpsveld
  • Verstaan wat Calls to Action vir aanlyn groei kan doen

Kunsmatige Intelligensie (KI) in nuusbriewe

  • Definisie en praktiese toepassings van KI en Generatiewe KI
  • Groot Taalmodelle (LLM's): Inleiding, werking en voorbeelde (ChatGPT, Claude)
  • Benut LLM's vir verbeterde nuusbriefskepping

Praktiese KI-Toepassing

    • Stapsgewyse opstelling van KI-gereedskap
    • Formuleer effektiewe en duidelike instruksies aan KI
    • Verhoog produktiwiteit deur KI-ondersteuning in:
      • Berigverbetering en -evaluering
      • Basiese taalversorging

Oor die aanbieders:

Carla Lewis is ’n bekroonde voormalige senior koerantredakteur by die Beeld-dagblad. Sy help maatskappye en organisasies om effektiewe inhoudstrategieë vir KI te ontwikkel wat eties, doeltreffend en pasgemaak vir hul doelwitte is. Sy is ook 'n bekroonde skrywer met byna 20 jaar se ervaring in inhoudsproduksie en die uitgee van koerante.

Jana Marx is ’n bekroonde joernalis en vervaardiger van ware misdaad-dokumentêre en aktuele sake by Carte Blanche. Sy is die skrywer van twee boeke, waaronder die topverkoper "Afspraak met Moord: In die kake van die Krugersdorp-kultus". Sy het by titels soos Beeld, Rapport, Netwerk24 en Huisgenoot gewerk en help organisasies met mediavaardighede en kommunikasie. Jana het ’n graad in teologie en haar kerkeie-opleiding was in die NG Kerk.

Ons is baie opgewonde om so veel moontlik by hierdie geleentheid te sien.  Voltooi asb hierdie Google vorm om jou te registreer en bywoning te bevestig.

Antwoord asb voor of/op Dinsdag, 13 Augustus 2024 of jy hierdie geleentheid gaan bywoon. Kontak gerus Nadia Alers via epos indien jy enige verdere vrae mag hê.

Webinaarbiblioteek

Hierdie opname is oop vir almal

Kyk die opname hierbo. Wil jy VBO-punte daarvoor kry? Vul die VBO-refleksievorm in – ’n paar vrae oor wat jy geleer het.