

KERKWEES 200: VERLEDE, HEDE EN TOEKOMS
Die Departement Sistematiese en Historiese Teologie van die Universiteit van Pretoria nooi u uit om om die bogenoemde konferensie by te woon op 5 & 6 November 2024. Die konferensie is deel van die landswye en ekumeniese herdenking van die eerste Algemene Kerkvergadering wat 200 jaar gelede, vanaf 2 November 1824, in Kaapstad sitting geneem het.
AGTERGROND VAN DIE KONFERENSIE TEMA
Die NG Kerk en die Ned. Hervormde Kerk herdenk vanjaar gesamentlik 200 jaar van kerkwees in Suid-Afrika. Die AKV wat in 1824 in Kaapstad sitting geneem het, was die eerste sinodale vergadering in die geskiedenis van Suid-Afrika. Tydens die AKV van 1824 is ‘n kerklike reglement opgestel, met die titel Algemeen Reglement voor het bestuur der Nederduitsche Hervormde Kerk, in Zuid-Afrika, ontworpen in de Algemene Kerkvergadering, gehouden binnen de Kaapstad, op den 2 November, en volgende dagen van het jaar 1824. Dit is belangrik dat kerke en akademici hierdie belangrike gebeure in die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis herdenk. Daarom word die bogenoemde konferensie beplan met die drie afdelings (kerkhistories, kerkordelik en metodologies) wat handel oor ‘n sentrale tema, te wete:
KERKWEES 200: VERLEDE, HEDE EN TOEKOMS
Sprekers sluit in Prof Leo Koffeman, Prof Danie Veldsman, Prof Helen a van Coller, Dr Dawid Kuyler, Dr Gustav Claasen, Ds PC Pretorius, Dr Pieter Kruger, Dr Gert Duursema, Ds Jan Lubbe, Dr Nioma Venter, Prof Wim Dreyer, Dr Wouter van Wyk, Prof Johan van der Merwe, Dr Dieter De Bruin, Dr Christo Pretorius en Dr Antionette Janse van Rensburg
ADMINISTRATIEWE EN LOGISTIEKE ASPEKTE
• Die konferensie sal bestaan uit akademiese referate.
• Kostes ten opsigte van vervoer en verblyf word deur deelnemers uit eie fondse bekostig.
• Die konferensie fooi beloop R 600.00 en sluit verversings en ‘n onthaal in.
Persone wat ‘n faktuur benodig met bankbesonderhede moet ‘n epos na die kerkwees200@gmail.com stuur.
• BANKBESONDERHEDE
TYDSKRIF VIR HISTORIESE TEOLOGIE
FIRST NATIONAL BANK
ACCOUNT NUMBER 63104266720
BRANCH CODE 210214
BRANCH NAME KNYSNA C.P. 270
Verwysing: Naam en Van Epos asb. Die bewys van betaling na kerkwees200@gmail.com
Vir enige verdere navrae kontak gerus die volgende persone:
Prof J. van der Merwe (voorsitter) johan.vdmerwe@up.ac.za
Dr. A. Janse van Rensburg (ondervoorsitter) antoejvr@gmail.com
Mnr. J. Heymans (sekretaris) kerkwees200@gmail.com