MENTORSKAP IN DIE NG KERK

Die VBO-Taakspan en die Kerklike Opleiding Taakspan bied op die 28ste Januarie 'n VBO aan oor mentorskap.

’n Praktiese en interaktiewe webinaar vir almal wat:

As mentors optree vir teologiese studente in al die bane van opleiding (predikante, diensleraars, bedienaars, standplaansleraars).

Mentorskap bied in enige ander sfere binne die kerk en samelewing – of dit graag wil begin doen.

Tydens die webinaar gaan ons:

Nadink oor die belangrikste teorieë oor mentorskap. Leer uit inspirerende verhale van mentorskap wat wérk. Saam gesels oor die behoeftes en geleenthede binne die verskillende opleidingsentra.

Webinaarbiblioteek

Hierdie opname is oop vir almal

Kyk die opname hierbo. Wil jy VBO-punte daarvoor kry? Vul die VBO-refleksievorm in – ’n paar vrae oor wat jy geleer het.