Praktiese Teologie in 2026

Praktiese Teologie: Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak?

 

Excelsus-webinaar • 19 Februarie 2026 • Aanlyn • 08:30–15:30

 

Praktiese Teologie is ’n vakgebied wat nooit stilstaan nie. Dit leef — in gemeentes, in sosiale konteks, in pastorale ruimtes, in die openbare sfeer, en in die klein alledaagse ritmes van gelowiges. Die vraag is dus nie net wát ons doen nie, maar hoekom en hoe ons dit doen. En, belangriker: Hoe kan ons dit in die toekoms beter doen?

Op 19 Februarie 2026 bied Excelsus ’n dag vol ryk gesprekke, diep refleksie en praktiese wysheid aan onder die tema:

“Praktiese Teologie: Hoe’t ons gemaak? Hoe maak ons nou? Hoe kan ons vorentoe maak?”

Hierdie webinaar is ontwerp as ’n ruimte waar vooraanstaande akademici én praktisyns saam dink oor die landskap van geloofspraktyke, identiteitsvorming, gemeentelike bediening, prediking en pastorale sorg. Dit is ’n geleentheid vir predikante, gemeenteleraars, studente en lidmate wat ernstig is oor die toekoms van bediening in Suid-Afrika.


 

Hoekom hierdie dag belangrik is?

 

Ons leef in ’n tyd waarin gemeentes en geloofsorganisasies groot verandering beleef — kultureel, sosiaal, ekonomies en geestelik. Praktiese Teologie help ons verstaan hoe geloof, mense, strukture en samelewings mekaar beïnvloed. Dit help ons om nie net terug te kyk nie, maar ook vooruit te beplan.

Die vier sessies van die dag vorm saam ’n reis deur die storie van die Kerk se praktyke — van oorsprong tot hede — en gee perspektiewe vir die pad vorentoe.


 

PROGRAM & TEMAS

Sessie 1 (08:30–10:00)

Geloofspraktyke: Geloofskapitaal en Geloofsgebaseerde Organisasies

 

Aanbieders: Prof. Christo Lombaard, Prof. Stephan de Beer, Gespreksgenoot (TBA)

Hier verken ons hoe geloofskapitaal opgebou, gevorm en uitgeleef word binne en deur geloofsgebaseerde organisasies. Dit raak vrae oor invloed, waardes, sosiale impak en die rol van geloof in publieke ruimtes. Die gesprek gaan oor hoe organisasies ’n draer van hoop, geregtigheid en transformasie kan wees.


Sessie 2 (10:30–12:00)

Christian Identity Practices — From the Ancient Mediterranean to Africa Today

Aanbieders: Prof. Mangaliso Matshobane, Prof. Maake Masango

Hier stap ons deur die eeue: hoe vroeë Christene hulle identiteit gevorm het, hoe Europese kerklike tradisies dit verder gevorm het, en hoe Afrikaan-wees vandag ons Christelike identiteit op unieke maniere inklee. Dit is ’n historiese én pastorale gesprek oor wie ons is — en wie ons word.


 

Middagete (12:00)

 


 Sessie 3 (13:00–14:15)

Gemeente- en Predikingpraktyke

 

Aanbieders: Dr. Dieter de Bruin, Prof. Malan Nel

Gemeentes is steeds die hart van geloofsgemeenskappe. Hierdie sessie fokus op hoe prediking en gemeentelike praktyke vandag lyk — en hoe dit meer missionaal, relevant en verhoudingsgebaseerd kan wees. Ons kyk na watter praktyke dra, watter faal, en watter nuwe paaie oopmaak.


 Sessie 4 (14:15–15:30)

Pastorale Praktyke

 

Aanbieders: Dr. Annelie Botha, Prof. Yolanda Dreyer

’n Deernisvolle afsluiting van die dag: hoe versorg ons mense diep en verantwoordelik in ’n tyd van trauma, verandering en komplekse lewensverhale? Die gesprek raak aan heling, identiteit, spiritualiteit en die unieke rol van pastorale sorg in ’n veranderende wêreld.


 

 Vir wie is hierdie webinaar?

 

  • Predikante

  • Gemeenteleraars

  • Teologie-studente

  • Gemeenteleiers

  • Lidmate met ’n roeping vir bediening

  • Enigiemand wat belangstel in die toekoms van praktiese teologie


 

💰 Koste & Besonderhede

 

Datum: 19 Februarie 2026

Tyd: 08:30–15:30

Formaat: Aanlyn

Koste: R325 (Quicket skakel = Registreer hier)

VBO-punte: 10

Sluitingsdatum: 17 Februarie 2026


 

Webinaarbiblioteek

Wil jy die opname kyk?

Opnames van die afgelope jaar stuur ons op versoek. Kyk dit, vul dan die VBO-refleksievorm in, en jy verdien steeds punte.