Trauma en Bybeltekste

Trauma en veerkragtigheid (“resilience”) in Bybeltekste.
Hoe lees ons tekste uit die Ou Testament en uit die boek Jesaja teen hierdie agtergrond.
Die gesprek word deur Prof. Alphonso Groenewald en Dr. Liza Esterhuizen
Dit is die doel van hierdie aanbieding is om vir u 'n oorsig van die historiese ontwikkeling van traumateorie te gee. Dit begin met vroeë psigoanalitiese benaderings en sal verder ook aandag gee aan huidige interdissiplinêre teorië wat psigologiese en sosiologiese perspektiewe integreer. Deur veral die toepassing van traumastudies in Bybelinterpretasie te belig, beoog hierdie aanbieding om traumateorie as 'n leeslens aand te bied ten einde die komplekse lae van die Ou-Testamentiese tekste (by name profete-boeke en die boek Jesaja) te verstaan. Hierdie benadering verbeter nie net ons begrip van die teks se historiese konteks nie, maar onderstreep ook die blywende relevansie van Jesaja se boodskap in die aanspreek van temas van oorlewing, veerkragtigheid en die moontlikheid van hoop te midde van katastrofe.
Die aanwending van traumateorie as 'n hermeneutiese lens vir die interpretasie van Bybelse tekste, veral die boek Jesaja, bied waardevolle insigte in die kompleksiteite van menslike lyding, aan die een kant, en veerkragtigheid, aan die ander kant. Deurdat mens die tekste deur middel van hierdie hermeneutiese lens lees, kan 'n mens die maniere ontbloot waarop trauma nie net individuele, gemeenskaplike en kulturele identiteite raak nie, maar ook vormgewend is ten opsigte van die narratiewe aard van geloof en hoop binne hierdie tekste. Die Boek Jesaja se verkenning van verlies, wanhoop en uiteindelike veerkragtigheid en herstel resoneer diep met die beginsels van traumateorie, wat betekenisgewing aan traumatiese ervarings beklemtoon. Uiteindelik verbeter die traumalens nie net ons begrip van Jesaja se boodskap nie, maar nooi dit ook uit tot deurlopende besinning oor die verhouding tussen lyding en hoop. Deur 'n dialoog tussen antieke tekste en moderne metodologieë en sekondêre lense te bevorder, skep ons as lesers nuwe moontlikhede om die historiese konteks van die teks te eerbiedig deur trauma as 'n lens te gebruik vir 'n beter begrip van die teks. Deur hierdie lens word die Boek Jesaja nie net belig as 'n historiese dokument nie, maar as 'n bron van diepgaande geloofswysheid wat aanhou spreek tot die blywende menslike stryd met trauma en die soeke na betekenis in die aangesig van wanhoop.
Program:
09:00-10:30 – Teoretiese besinning: Sielkunde, Sosiologie en Teologies-eksegeties
10:30-11:00 – Teetyd
11:00-13:00 – Lees van `n aantal Bybeltekste vanuit die lens van trauma en veerkragtigheid („resilience“)
