“Vir ‘n tyd soos hierdie”: Oor ambisie, vrede en wat ons dink ons weet

Daar is talle aanduidings dat ons onsself in ‘n andersoortige uitdagende tydperk bevind, waarin ons buitengewoon onvergenoegd is met mekaar, waarin ons mekaar vertrap te midde van kompetisie (ambisie), en waarin ons gewelddadig word oor ons verstaan van waarheid en identiteit. Watter rigtingwysers gee ons geloof vir ons in “‘n tyd soos hierdie”?

Laasgenoemde is die bekende woorde van Mordegai aan Ester, oor haar rol en roeping, in “‘n tyd soos hierdie”. Dit is ook ‘n uitspraak oor die wyse waarop God ons voorberei of toerus om in sulke tye veerkragtig en dapper op te tree. Die bekende woorde is egter ook die titel van ‘n 2025-boek deur Prof Hanna Reichel, Sistematiese Teoloog van Princeton Universiteit in die VSA.

In hierdie aanbieding, sal ons saam die karaktereienskappe, uitdagings en verantwoordelikhede van “‘n tyd soos hierdie” met mekaar deurpraat. Die probleem van ambisie (Miroslav Volf, 2025) en die netelige posisie waarin globale “vrede” tans verkeer, is belangrike onder-afdelings van ons gesprek. Beide hierdie aspekte sal bespreek word vanuit die kritieke vraag oor kennis en waarheid in ons tyd: hoe/ wat “weet” ons? Dit gaan oor ons bron van sekerheid en identiteit, in “‘n tyd soos hierdie”.

💰 Koste & Besonderhede

Datum: 12 Maart 2026

Tyd: 09:45–15:30

Formaat: Aanlyn

Koste: R325

VBO-punte: 10

Sluitingsdatum: 10 Maart 2026

Webinaarbiblioteek

Wil jy die opname kyk?

Opnames van die afgelope jaar stuur ons op versoek. Kyk dit, vul dan die VBO-refleksievorm in, en jy verdien steeds punte.