Boekbesprekings 2027
Lees saam. Gesels saam. Groei saam.
Elke maand ’n boekgesprek op ’n Woensdagoggend. Kies die boeke wat jou nou aanspreek, lees saam met die leesskedule, en kom sit by, al het jy net die helfte gelees.
Gelees om gevorm te word
“Gaan staan op die paaie en kyk, en vra na die ou paaie, waar tog die goeie pad is, en wandel daarop, sodat julle rus kan vind vir julle siel.”
Jeremia 6:16
Goeie boeke lees ons nie net vir inligting nie. Hulle vorm ons – veral as ons dit saam lees, stadig, en met ’n gesprek aan die einde. In 2027 nooi ons jou uit om saam met kollegas oor die hele land ’n paar van die boeke te lees wat ons self die diepste gevorm het.
Wie lei die gesprekke
Die mense rondom die tafel
-

Tom Smith
Excelsus
Lei die twee Peterson-boeke saam met Marnus (20 Jan en 19 Mei), The Sabbatical Journey (3 Mrt) en Who You’re Becoming saam met Siegfried (2 Jun)
-

Marnus Havenga
Pastor-teoloog, NG Kerk Stellenbosch
Lei die twee Peterson-boeke saam met Tom: The Contemplative Pastor (20 Jan) en Working the Angles (19 Mei)
-

J.R. Briggs
Skrywer en stigter van Kairos Partnerships
Gesels self oor The Art of Asking Better Questions (3 Feb)
-
Trevor Hudson
Pastor en skrywer
Lei The Cycle of Grace in persoon (7 Apr)
-

Siegfried Louw
Gespreksleier
Lei Who You’re Becoming saam met Tom (2 Jun)
Een pad deur die jaar
Ses boeke, met rusplekke langs die pad
Die leesjaar volg die kerkjaar. Waar die bediening die drukste is, rus ons.
-
Desember
Begin hier
Kry jou eerste boek en lees teen ’n rustige pas
-
21 Des – 3 Jan
Rusplek: Kersfees
-
Wo 20 Jan
The Contemplative Pastor
Eugene H. Peterson
-
Wo 3 Feb
The Art of Asking Better Questions
met J.R. Briggs
-
Wo 3 Mrt
The Sabbatical Journey
Alan Briggs
-
22 – 29 Mrt
Rusplek: Paasweek
-
Wo 7 Apr
The Cycle of Grace
in persoon met Trevor Hudson
-
Wo 19 Mei
Working the Angles
Eugene H. Peterson
-
Wo 2 Jun
Who You’re Becoming
Chuck DeGroat
-
Jul en Okt
Rusplekke: Julie-vakansie en die Algemene Sinode
-
Jul – Nov
Nog vier gesprekke
Boeke sal nog gekies word
So werk dit
Die ritme van ’n leesmaand
Vier eenvoudige stappe. Die vierde is opsioneel, maar dikwels die beste deel.
-
1
Lees
’n Rustige pas: ’n hoofstuk of twee per week, volgens die leesskedule hieronder. Nooit meer as sowat 50 bladsye per week nie.
-
2
Gesels
Op die Woensdag (09:00–12:00) lei die skrywer, ’n dosent of een van ons die gesprek aanlyn. Een keer in 2027 sit ons saam om ’n tafel, met Trevor Hudson.
-
3
Reflekteer
Wat neem jy saam na jou gemeente? Vul die VBO-refleksievorm in. Die lees self kan ook as selfstudie tel: tot 10 VBO-punte per boek.
-
4
Kom bymekaar
Opsioneel: lees saam met twee of drie kollegas in jou ring, en gesels voor die tyd oor koffie of op Zoom.
Die boeke
Ses boeke wat ons graag saam wil lees
Kies een, of lees die hele reeks. Elke bespreking staan op sy eie.

Wo 20 Jan 2027 · Aanlyn · 09:00–12:00
The Contemplative Pastor
Returning to the Art of Spiritual Direction
deur Eugene H. Peterson · gelei deur Tom Smith en Marnus Havenga
Peterson beskryf die pastor as onbesig, subversief en apokalipties, en neem jou dan na die werk “tussen Sondae”: geestelike begeleiding, gebed en taal. Veral vir intreeleraars.

Wo 3 Feb 2027 · Aanlyn · 09:00–12:00
The Art of Asking Better Questions
Pursuing Stronger Relationships, Healthier Leadership, and Deeper Faith
deur J.R. Briggs · gelei deur J.R. Briggs self
Wat as die sleutel tot dieper leierskap nie beter antwoorde is nie, maar beter vrae? Briggs kyk na Jesus se vrae en gee baie praktiese wenke vir gesprekke, leierskap en geloof.

Wo 3 Mrt 2027 · Aanlyn · 09:00–12:00
The Sabbatical Journey
A field guide to prepare for, experience and reorient from a life-changing sabbatical
deur Alan Briggs · gelei deur Tom Smith
’n Praktiese veldgids vir rus in die bediening: hoe jy ’n sabbatsverlof voorberei, dit werklik beleef, en daarna weer met nuwe ritmes terugkeer. Gepas vir Lydenstyd.

Wo 7 Apr 2027 · In persoon · plek volg
The Cycle of Grace
Living in Sacred Balance
deur Trevor Hudson en Jerry P. Haas · gelei deur Trevor Hudson, in persoon
Die ritme van Jesus se lewe as ritme vir ons s’n: aanvaarding, voeding, betekenis en vrugbaarheid. ’n Kort, toeganklike boek – en ’n oggend saam met Trevor Hudson self.

Wo 19 Mei 2027 · Aanlyn · 09:00–12:00
Working the Angles
The Shape of Pastoral Integrity
deur Eugene H. Peterson · gelei deur Tom Smith en Marnus Havenga
Prediking, onderrig en administrasie is die sigbare lyne van die bediening. Peterson wys op die drie stil hoeke wat die vorm bepaal: gebed, die Skrif en geestelike begeleiding.

Wo 2 Jun 2027 · Aanlyn · 09:00–12:00
Who You’re Becoming
The Slow and Courageous Work of Cultivating Character in a Narcissistic Age
deur Chuck DeGroat · gelei deur Tom Smith en Siegfried Louw
In ’n tyd wat persoonlikheid en platform beloon, nooi DeGroat ons terug na die stadige, moedige werk van karaktervorming. Hy kyk eerlik na hoe ons karakter vir charisma en vorming vir inligting verruil het. Splinternuut: verskyn in Oktober 2026 by Tyndale.
Ook in 2027
- Wo 21 JulBoek sal nog gekies word
- Wo 18 AugBoek sal nog gekies word
- Wo 27 OktBoek sal nog gekies word
- Wo 10 NovBoek sal nog gekies word
Titels, gespreksleiers en leesskedules volg sodra die boeke gekies is.
Leesskedule
Begin in Desember, lees teen ’n rustige pas
’n Voorstel – pas dit aan by jou eie ritme. Die weke volg die kerkjaar en laat ruimte vir Kersfees, Paasfees en die Algemene Sinode.
The Contemplative Pastor · bespreking Wo 20 Januarie
- Week van 7 DesInleiding en die eerste deel: die pastor as onbesig
- Week van 14 DesKlaar met die eerste deel: subversief en apokalipties
- 21 Des – 3 JanKersfees en Nuwejaar: lees net ’n paar van die gedigte in die laaste deel, stadig
- Week van 4 JanDie middelste deel, “tussen Sondae”: die eerste helfte
- Week van 11 JanDie middelste deel: die tweede helfte
- Week van 18 JanDie laaste deel, en lees jou eie onderstrepings weer. Bring twee vrae na die gesprek.
Omtrent 180 bladsye – sowat 30 bladsye per leesweek.
The Art of Asking Better Questions · bespreking Wo 3 Februarie
- Week van 4 JanDeel 1: Too Many Answers
- Week van 11 JanDeel 2
- Week van 18 JanDeel 3: hoofstukke 8–9
- Week van 25 JanDeel 4: hoofstukke 10–11, en die hulpbronne agterin
- Week van 1 FebBegin ’n “vraejoernaal”, soos Briggs voorstel. Skryf drie vrae neer wat jy J.R. self wil vra.
224 bladsye. Lees dit gerus saam met The Contemplative Pastor – albei gaan oor aandag.
The Sabbatical Journey · bespreking Wo 3 Maart
- Week van 1 FebDie inleiding en die gedeelte oor voorberei
- Week van 8 FebDie gedeelte oor die sabbatsverlof self: beleef
- Week van 15 FebDie gedeelte oor heroriënteer en terugkeer
- Week van 22 FebSkets jou eie sabbat-ritme: weekliks, jaarliks en eendag ’n langer verlof
Gaan jy op Geloofsreis 1 (15–18 Februarie)? Neem die boek saam.
The Cycle of Grace · in persoon saam met Trevor Hudson, Wo 7 April
- Week van 1 MrtAanvaarding (Acceptance)
- Week van 8 MrtVoeding (Sustenance)
- Week van 15 MrtBetekenis (Significance)
- Week van 22 MrtVrugbaarheid (Fruitfulness) – en dan rus in Paasweek
- Week van 5 AprKyk Trevor se kort video’s by elke deel van die siklus, en bring jou vrae saam
112 bladsye in werkboekformaat – ideaal om saam met ’n span of kerkraad te lees.
Working the Angles · bespreking Wo 19 Mei
- Week van 12 AprInleiding en die eerste hoek: gebed
- Week van 19 AprGebed, verder
- Week van 26 AprDie tweede hoek: die Skrif
- Week van 3 MeiDie derde hoek: geestelike begeleiding
- Week van 10 MeiHerlees die hoek wat jou die meeste uitgedaag het
Drie hoeke, elk met drie hoofstukke – vir predikante in die middel van die bediening.
Who You’re Becoming · bespreking Wo 2 Junie
- Week van 26 AprBegin saam met Working the Angles: lees die inleiding stadig
- Week van 3 MeiDie eerste kwart van die boek, sowat 60 bladsye
- Week van 10 MeiDie tweede kwart
- Week van 17 MeiDie derde kwart, en rus in die week van die Peterson-gesprek
- Week van 24 MeiDie laaste kwart, en kies een hoofstuk om saam te bring
272 bladsye: die langste boek in die reeks. Lees teen jou eie pas, en kom sit by, al het jy net die helfte gelees.
Lees saam in jou ring
Lees saam met kollegas
Die boeke werk die beste as jy dit saam lees. Nooi twee of drie kollegas in jou ring, gebruik die leesskedule, en kom saam na die aanlyn gesprek.



