Paulus Boeke
Resource Gossip - Boeke oor Paulus
Dr. Roedolf Botha deel met ons gedagtes oor 'n paar boeke oor Paulus wat hy in die laaste paar maande gelees het.
Een van die maniere hoe VBO punte verdien kan word is die lees van boeke.
Nadat jy die boeke gelees het, kan jy vir ons ‘n kort verslag of ‘n video opsomming stuur. Hier kan jy sien hoe Dr.Roedolf Botha gesels oor ‘n paar boeke wat hy oor Paulus gelees het. As leergemeenskap groei ons as ons mekaar help met goeie bronne en leesmateriaal. By die Oostelike Sinode in Oktober 2024 was daar ‘n tafelgesprek rondom “Resource Gossiping” - dit is ‘n oulike term vir wat ons as leergemeenskap wil bevorder. Ons deel met mekaar wat ons geleer het.
Hier is die boeke waaroor gesels is:
A Theology of Paul and His Letters: The Gift of the New Realm in Christ – Douglas Moo
Paul: A Critical Life - Jerome Murphy-O'Connor
Paul Among the People: The Apostle Reinterpreted and Reimagined in His Own Time - Sara Ruden
Paul's Narrative Thought World: The Tapestry of Tragedy and Triumph – Ben Witherington III
Dr. Annette Potgieter het in 2024 'n fantastiese Webinaar oor Paul aangebied. Gaan kyk gerus hier.