Sentrum vir Bedieningsontwikkeling
Leer saam. Groei in die bediening.
Voortgesette bedieningsontwikkeling is ’n reis van lewenslange leer. Excelsus bou leergemeenskappe wat predikante, diensleraars, standplaasleraars en bedienaars ondersteun, bemagtig en toerus – om as dissipels die koninkryk te soek en volhoubaar, met bedieningsvreugde, te bedien.
- Etos · Logos · Patos
- Elke fase van die bediening
- VBO-punte by elke geleentheid
Leergemeenskappe
Drie soorte leergeleenthede
Elke leergemeenskap verdien VBO-punte. Kies wat by jou bediening en jou dagboek pas.
Vanuit die fakulteite
Leergemeenskappe saam met dosente van teologiese fakulteite en kolleges – soos die Fakulteit Teologie en Religie (UP) en Hugenote Kollege – wat die nuutste navorsing na die kerk bring.
Vanuit Excelsus en die kerk
Leergemeenskappe, boekbesprekings, retraites en konferensies vir elke fase van die bediening – ook saam met die kerk se taakspanne, soos Evangelisasie, Miga 6 en Disrupting the Divide.
Vanuit ons vennote
Kursusse van vennote wat ons vir VBO-punte erken, soos Brugbediening, die Enneagram-jaarkursus en Companions in Formation.
VBO-punte
Jou pad na VBO-punte
Een uur aktiewe leer is een VBO-punt, bereken oor ’n siklus van drie jaar. Minstens 20 punte moet by interaktiewe kontakgeleenthede verdien word.
1 uur= 1 VBO-punt
3 jaarsiklus
20punte interaktief
-
1
Jou ABR-profiel
Jou VBO-profiel is gekoppel aan die e-posadres waarmee jy by die ABR geregistreer het.
-
2
Kies ’n leergeleentheid
Kies uit die program en registreer by die geleentheid.
-
3
Neem deel
Woon dit by, of kyk die opname en vul die VBO-vorm in.
-
4
Ons laai jou punte
Woon jy op die dag by, laai ons jou punte. Kyk jy ’n opname, laai ons dit sodra jou VBO-vorm inkom. Sien dit op kerkdata.org.
Webinaarbiblioteek
Kyk weer, wanneer dit jou pas
Opnames van vorige leergemeenskappe, konferensies en webinaars. Opnames ouer as ’n jaar is oop vir almal.
Boekbesprekings 2027
Lees saam. Groei saam.
Elke maand ’n boekgesprek saam met kollegas. Kies die boeke wat jou nou aanspreek, lees saam met die leesskedule vanaf Desember, en kom sit by, al het jy net die helfte gelees.
- 20 JanThe Contemplative Pastor · saam met Tom Smith en Marnus Havenga
- 3 FebThe Art of Asking Better Questions · saam met J.R. Briggs
- 3 MrtThe Sabbatical Journey · Alan Briggs
- 7 AprThe Cycle of Grace · in persoon saam met Trevor Hudson
- 19 MeiWorking the Angles · saam met Tom Smith en Marnus Havenga
- 2 JunWho You’re Becoming · saam met Tom Smith en Siegfried Louw
Teken in op die Excelsus-nuusbrief
Nuwe leergeleenthede, opnames en VBO-nuus, een keer per maand in jou inkassie.








