Hoe om VBO punte te kry
Hoe werk die VBO punte?
1 uur = 1 VBO punt
Laai gerus hierdie dokument af om te kyk na die vereistes vir verskillende predikante, diensleraars, standplaasleraars, emeriti en bedienaars.
VBO punte word in 3-jaar siklusse bereken.
Predikante, diensleraars en bedienaars moet in die eerste drie jaar na legitimasie ekstra VBO’s doen. Kyk gerus in die dokument wat die spesifieke vereistes is.
Die hart van VBO is om predikante en ander leiers te help om aan te hou groei as dissipels van Jesus. Leiers in die NG Kerk onderneem om jaarliks VBO opleiding te kry. Hierdie opleiding word op die databasis gelaai (lees meer oor die databasis hier). Daar is verskeie maniere om VBO punte te verwerf, laai gerus die prospektus met die naam Gestuur, Gevorm, Geroep hier af.
Kursusse en Konferensies
Kursusse/Konferensies by VBO diens-verskaffers (Sinodaal) | 10 punte per dag tot ‘n maksimum van 30 punte
Geakkrediteerde Kursusse
Vol VBO geakkrediteerde kursusse en toerustingsgeleenthede deur ander instansies aangebied (Dws kursusse wat nie deur die NG Kerk self ontwikkel word nie. Instansies kan vir akkreditering aansoek doen. Na akkreditering word so ‘n kursus deel van die totale aanbod vir VBO) | 10 punte per dag tot ‘n maksimum van 30 punte vir een kursus / module (kursusse wat oor 2 jaar aangebied word kan ‘n maksimum van 50 punte per jaar verdien bv. Coram Deo)
Mentoraat
10 uur per jaar in mentor verhouding (Geld vir mentor en mentee) | Maksimum van 10 punte per jaar
Verdere Studies (akademies)
Finale punte word toegereken op datum van graduering, terugwerkend, met indien van ʼn afskrif van die sertifikaat. Punte word jaarliks toegeken indien die studieleier ‘n vorderingsverslag stuur of al die punte word met graduering toegeken.
• Honeurs (50 punte per jaar)
• Navorsings Magister oor 2 jaar (100 punte)
• 3 jaar vir ʼn bedienings/ praktyk gerigte M (150 punte)
• Doktoraal oor 4 jaar (200 punte)
Aanbieders van kursusse
Aanbieders van VBO Kursusse of predikante wat klasse by die Fakulteit of in Kerklike Opleiding gee / Aanbieders kry dieselfde punte as diegene wat die kursus deurloop, maksimum van 30 punte per jaar.
Akademiese artikel (eweknie beoordeel)
Peer-review (eweknie beoordeelde) Artikels/Studiestukke vir kerklike kommissie/ Bywoning en deelname aan Akademiese Vak Werkgemeenskappe /Maksimum van 20 Punte per jaar
Ring, Sinodale kommissie betrokkenheid
Ringskommissie of Sinodalekommissie betrokkenheid ( OF dien op ringskommissie (Punte word deur die voorsitter aangevra) / Maksimum van 10 punte
Selfstudie
Die bestudering van Teologiese Boeke en Artikels; Met die indien van ʼn opsomming van 2 p (±800 woorde).
10 per boek, en 5 per akademiese artikel. Tot ‘n maksimum van 20 punte per jaar.
Retraites
Dieselfde punte as vir VBO kursus , 10 per dag – maksimum 30 punte per jaar
Sabbatsretraites (dws 30 dae)
Indien dit ingerig is as leer- selfsorg of selfontwikkelingsgeleentheid Bv Pelgrimstap.
30 met indien van verslag aan VBO-kantoor wat benut kan word bv. om op webblad te plaas.
Selfsorg/Selfontwikkeling
Bv Skilderlesse, oefenprogram wat 30 000+ Vitalitypunte verdien, ens.
10 per jaar Dien aanvraag met nodige bewyse by jou sinodale kantoor / VBO-verteenwoordiger in
Navorsings/Studie/ondersteuningsgroepe
Groepe wat gereeld bymekaarkom en waar boeke bespreek of deurgewerk word.
Soos met bywoning van kursusse, dws 1 punt per 1 uur aktiewe leer. Tot ‘n maksimum van 10 punte per jaar.
Skryf van Geestelike/Bedieningsverwante boeke
50 per boek. Maksimum van 50 per jaar.
Skryf van artikels vir kerklike of geestelike tydskrifte
< 1000 woorde = 2 punte > 1000 woorde = 5 punte. Maksimum van 20 per jaar.
Kursus ontwikkeling vir predikante
1-dagkursus 20, 2-dag 40 vir ontwerp 3-dagkursus kry ontwerper 50 punte
Elke predikant, diensleraar, standplaasleraar en emeriti in die NG Kerk is geregistreer by die Algemene Bevoegdheidsraad (ABR).
Registrasies is gekoppel aan ‘n e-pos adres. Om jou VBO profiel te sien, klik op hierdie skakel. Die volgende skerm sal verskyn:

Gebruik dieselfde e-pos wat by die ABR registreer is. Wanneer die databasis jou e-pos ontvang word ‘n outomatiese boodskap met ‘n unieke URL na jou gestuur. Hierdie skakel is die een wat in die toekoms gebruik kan word om jou profiel oop te maak.
As jou e-pos nie werk nie, skakel die ABR deur hier te klik.
As jy navrae het oor jou punte en die kursusse wat jy al gedoen het, kontak gerus vir Rika van Rensburg hier.
Kyk gerus na die kursusse wat aanlyn gekyk kan word of die kursusse wat nog aangebied gaan word in hierdie jaar.