2025 Opnames van Leergemeenskappe
In 2025 het Excelsus ’n volhoubare ritme van leergeleenthede gevestig wat predikante en studente oor die hele land bereik het. Daar is in totaal 31 leergeleenthede aangebied — waarvan 8 vanuit die Fakulteit vir Teologie en Religie en 22 vanuit die Leergemeenskappe wat deur Excelsus en vennote gevorm is. Hierdie kursusse het aanlyn én in-persoon sessies ingesluit en het gewissel van teologiese verdieping tot praktiese toerusting. Die kombinasie van aanlyn en in-persoon aanbiedings het breër toegang moontlik gemaak en predikante uit al die streke van die NG Kerk betrek.
Leiers is welkom om die kantoor te kontak om die skakels na die opnames te ontvang. Leiers en kerkrade kan dan na die opnames kyk en 'n kort verslag aanstuur oor hoe die inhoud hulle bedeinings kan help.
Sessies wat opgeneem is vanuit die Fakulteit:
19 Februarie - Toekomstige moraliteit? Roetemerkers vir etiese besluitneming in die 21ste eeu (Prof. Tanya van Wyk)
19 Maart -Missionale Teologie: Wat leer ons in die NG Kerk oor kerkplant? (Prof. Hannes Knoetze, Dr. Roedolf Botha, Dr. Tom Smith, Ds. Ryno Meyer)
8 Mei - Die Vroeë Kerkvaders vir die Bediening: Prediking, Pastorale Sorg en Spiritualiteit (Prof. Chris de Wet)
21-22 Mei - Die kerk werk anders want die kerk is anders! (Prof. Johan van der Merwe)
18-19 Junie - Nuwe testament: Paulus en “the good life”(Dr. Annette Potgieter)
16 Oktober - Weinig minder as engele - of skaars meer as skuim? Om oor menswees (antropologie) na te dink vanuit sistematies-teologiese perspektiewe. (Prof. Danie Veldsman)
Ander sessies wat ook opgeneem is:
28 Januarie - Mentorskap in die NG Kerk (verskeie aanbieders)
6 Februarie - Ontwikkel 'n Lewensritme (Dr. Tom Smith)
26-27 Februarie - Die Liturgiese jaar (Dr. André Bartlett)
11 Maart - ChatGPT en die Bediening (Dr. Pieter Visser)
24-25 Maart - Aftrede (Dss. Petrus Moolman, Johan Pienaar, Theuns Kriek, Faure Lauw, Henk Gous, Eben Smith & Fanie van Vuuren)
26 Junie - Skribas van Ringe toerusting (verskeie aanbieders uit die Hoëveld Sinode)
22 Julie - Geestelike begeleiding (George Angus, Nicoline Hoffman en Dr. Marina van der Linde)
20-21 Augustus - Getroue gemeentelike leierskap in 'n brose, gepolariseerde Suid-Afrika (Dr. Roedolf Botha)
16-18 September - Lentekonferensie hoofsessies en enkele werkswinkels is beskikbaar (kyk gerus na die Lentekonferensie webblad vir meer inligting)