Hoe lees ons die Bybel

Hermeneutiek is een van die belangrikste vaardighede vir leiers in gemeentes. In hierdie webinaar het Dr. Annette Potgieter na die apostel Paulus se briewe gekyk. Sy gebruik die wonderlike metafoor om in die webinaar te imagine dat Paulus vandag 'n Facebook profiel het. Wie sou sy vriende wees? Wie sou hy blok? Wat sou hy op sy blad geplaas het?

 

Facebook Paulus Bybel

Dr. James Kirkpatrick het die groep begelei i.t.v. die hermeneutiese vaardighede wat nodig is om die Ou Testament te lees. In sy aanbieding het hy die leergemeenskap gehelp om opnuut na te dink oor die verantwoordelikheid van interpretasie en praktiese hulpmiddels aangebied.

James Kirkpatrick hermeneutiek

Kontak ons aan die onderkant van hierdie bladsy as jy na die opnames van hierdie webinaar wil kyk. As jy die kursusfooi betaal het stuur ons die skakels aan. Nadat jy dit gekyk het, kontak ons dan laai ons die VBO punte.

Hermeneutiek en die Bybel

Webinaarbiblioteek

Hierdie opname is oop vir almal

Kyk die opname hierbo. Wil jy VBO-punte daarvoor kry? Vul die VBO-refleksievorm in – ’n paar vrae oor wat jy geleer het.