Afgehandel · Opname beskikbaar
Nabetragting · Missionale teologie
Geroep, gevorm, gestuur.
Wat beteken dit eintlik om ’n missionale gemeente te wees? ’n Terugblik op die leergemeenskap saam met prof. Hannes Knoetze.
Waaroor dit gegaan het
Die kerk is wat die kerk doen – of nie?
Ons leef in ’n tyd waarin baie min plaaslike gemeentes by sending betrokke is, al sê die meeste dat hulle missionaal is. Maar wat verstaan ons daarmee? Op 23 April 2026 het predikante en gemeenteleiers saam met prof. Hannes Knoetze oor die identiteit van die kerk nagedink, met ’n bekende uitspraak as vertrekpunt: “die kerk is wat die kerk doen”.

Drie bewegings
Geroep, gevorm, gestuur
Geroep – kan die roeping van die kerk verander?
Die eerste beweging het na die kerk se roeping gevra. Is dit iets vasstaande, of verander dit saam met die konteks waarin ’n gemeente hom bevind? En wie roep eintlik – die gemeente self, of God wat reeds in die wêreld aan die werk is?
Gevorm – hoe lyk ons?
Die tweede beweging het na die kerk se vorm gekyk. As die kerk is wat die kerk doen, sê ons strukture, programme en vergaderings iets oor wie ons werklik is. Pas ons vorm by ons roeping, of het die vorm sy eie lewe begin lei?
Die kerk is wat die kerk doen.
Gestuur – wat beteken sending dan?
Die derde beweging het die woord ‘missionaal’ self onder die loep geneem. Is sending een program onder baie, of die rede waarom die kerk bestaan? En hoe lyk gestuur-wees vir ’n gewone gemeente op ’n gewone Sondag – en Maandag?
Vir jou kerkraad
Drie vrae om saam te bespreek
Gebruik een van hierdie vrae as opening by jou volgende kerkraads- of dienspanvergadering.
- As ons gemeente môre sou ophou bestaan, wie in ons buurt sou dit agterkom – en hoekom?
- Watter van ons strukture en programme dien ons roeping, en watter dien net onsself?
- Waarheen voel ons as gemeente gestuur, en wat is een klein tree wat ons hierdie maand in daardie rigting kan gee?
Lees verder
Bronne vir verdere studie
-
Prof. Knoetze se leeslys
Drie tot vyf aanbevole boeke en artikels oor missionale teologie volg binnekort.
Verdien steeds jou punte
Het jy dit gemis? Kyk die opname.
Die sessie is verby, maar die leer nie. Kyk die opname, besin oor wat jy gehoor het en vul die VBO-vorm in – dan tel dit steeds vir jou 10 VBO-punte.
- 1
Kyk die opname
Rika stuur die skakel op versoek. Vanaf April 2027 is die opname oop vir almal.
- 2
Besin daaroor
Lees die nabetragting en werk deur die vrae vir die kerkraad. Wat het jou bygebly, en wat gaan jy anders doen?
- 3
Vul die vorm in
’n Kort refleksie oor wat jy geleer het. Ons gaan dit na en laai jou 10 VBO-punte.