Evangelisasie – gemeentes wat floreer
In die laaste paar jaar is die NG Kerk opnuut besig om te besin oor die belangrike taak van Evangelisasie. In hierdie webinaar gesels Dr.Roedolf Botha oor Gemeentes wat floreer. Hier is wat Ds.Anandie Greyling en Dr.Frikkie Coetzee oor hierdie leergeleentheid vertel:
Anandie: Hierdie verstaan van evangelisasie haal die druk van die individu af en die gemeente inspireer mekaar en nooi mense om die Goeie Nuus te beleef, saam te ontdek en aansteeklik uit te leef.
Frikkie: Hierdie gesprek met Roedolf wil ons opgewonde maak om te werk aan gemeentes wat floreer en mense inspireer om die Goeie Nuus op 'n aansteeklike wyse uit te leef. Die gemeente word dan gesien as die evangelis en evangelisasie word gesien as gemeentelike evangelisasie.
As jy die webinaar gekyk het kontak gerus vir Rika hier om 'n VBO punt te verwerf.