Geloofsvorming in Gemeentes

Die filosoof en teoloog Dallas Willard het in een van sy laaste gesprekke die opmerking gemaak, 

There isn’t a thing wrong with the church today that discipleship wouldn’t cure. Not a thing. And if you don’t get discipleship into the mix, you’re just going to create another church with all of its problems, and unfortunately that is how it turns out for many people who are ready to get rid of the church. They’re not talking about making disciples, they’re talking about having different kinds of services, and maybe saying something different in their message, and so on. That’s fair game. But if it doesn’t come to discipleship, you’re just going to create another organization that will have all the human problems of the present mess.

In hierdie leergemeenskap wat aan die einde van Augustus en die begin van September aangebeid is, het ons gekyk na geloofsvorming en dissipelskap in ons gemeentes.

Ons het in hierdie webinaar die boek, "Om te word wie ons is" as 'n bronteks bekyk. Hierdie nuutste navorsing in die NG Kerk oor die belangrike onderwerp van dissipelskap en geloofsvorming het predikante gehelp om te dink oor 'n werkende definisie van geestelike vorming, die identeit van lidmate as dissipels, 'n model van verandering en voorbeelde van dissipelskap as 'n lewenslange reis. Om hierdie webinaar se skakels te ontvang, gebruik die skakel hieronder. Dit is ideaal om met jou kerkraad en bedieningsleiers te doen. Die webinaar het ook talle bronne wat gemeentes kan help.

 

Hermeneutiek en die Bybel

Webinaarbiblioteek

Hierdie opname is oop vir almal

Kyk die opname hierbo. Wil jy VBO-punte daarvoor kry? Vul die VBO-refleksievorm in – ’n paar vrae oor wat jy geleer het.