Gemeenskap van die Heiliges
Die navorsing wat in Suid-Afrika gedoen word oor die rol van tegnologie in ons daaglikse lewens is verbysterend. Ons is een van die lande wat die meeste skermtyd per dag beleef. Hoe vorm ons geloofsgemeenskappe in 'n era waar ons aandagspan baie kort is? In hierdie webinaar het die leergemeenskap gekyk na die rol van praktyke en holding environments om ons gemeentes te help met die vorming van dissipelskap.
Ons het in die sessies ook gekyk na die navorsing oor die maniere hoe gemeentes hulle lidmate se gawes kan ontgin om as volgelinge van Jesus 'n verskil te kan maak. Daar is ook gekyk an die Luasanne beweging se belangrike hulpbronne rondom hierdie tema.
Kontak ons aan die onderkant van hierdie bladsy as jy na die opnames van hierdie webinaar wil kyk. As jy die kursusfooi betaal het stuur ons die skakels aan. Nadat jy dit gekyk het, kontak ons dan laai ons die VBO punte.
