Hoe hanteer ons jeugwerk?
Hoe hanteer ons jeugwerk - aanlyn webinaar
Vir leraars en leiers, oud en jonk, wat inspirasie benodig t.o.v. jeug- en familiebediening.
Ontwerp ‘n strategie om geloof te vorm in verskillende ruimtes soos kategese, huise, skole, koshuise, eredienste en gemeenskappe. Kry wenke oor kategete toerusting en ouerleiding. Ontdek die krag van intergenerasionele bediening en roetemerkers. Begin eksperimenteer met bediening aan jong volwassenes buite die kerk. Ontvang raad, hulpmiddels en wenke vir jou unieke konteks.
Hierdie webinaar het al plaasgevind en die skakels kan verkry word vir die werkswinkel
