Kerkplant
Missionale teologie – gesprek oor Kerkplant en wat ons kan leer in die ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe
Die gesprek word deur Prof. Hannes Knoetze gefasiliteer
Kerkplanters se ervarings kan gemeentes help om te leer hoe die evangelie gestalte vind in gemeenskappe wat nie in die hoofstroom van die kerk ‘n tuiste gevind het nie. In hierdie aanlyn gesprek word daar uit die dissipline van missiologie gereflekteer oor die volgende:
- Die teologie van Kerkplant.
- Hoe die NG Kerk riglyne ontwikkel het om Kerkplant moontlik te maak
- Die rol van opleiding en spanwerk in die plant van kerke
- Lesse wat kerkplanters die NG Kerk kan leer
- Evangelisasie en kerkplant
Program:
9:00 – 10:00 Riglyne wat NG Kerke kan help met kerkplant (Prof.Hannes Knoetze)
10:00 – 10:15 Breek
10:30 – 11:30 Die rol van opleiding en spanwerk in die plant van kerke (Ds. Ryno Meyer en Hannes)
11:30 – 11:45 Breek
11:45 – 12:45 Lesse wat kerkplanters die NG Kerk kan leer (Tom Smith en Ryno Meyer)
12:45 – 13:00 Middagete
13:00 – 14:00 ‘n Teologie van kerkplanting (Roedolf Botha en Hannes)
14:00 – 14:15 Breek
14:15 – 15:15 Evangelisasie en kerkplanting (Roedolf Botha en Hannes)
15:15 Samevatting
