Moeilike Pastorale Situasies

Die NG Kerk se Taakspan Navorsing het in die laaste paar predikante panele in hulle navorsing ontdek dat daar ‘n groot behoefte onder dominees is om beter toegerus te word in pastorale vaardighede.

Hierdie geld nie net vir jonger leiers nie, maar ook vir gesoute predikante. In ons onlangse webinaar wat deur Coram Deo aangebied is was dit ook opvallend hoeveel gemeentelede ook belangstel in hierdie belangrike onderwerp. Die webinaar is bygewoon deur predikante regoor Suid-Afrika maar ook gemeentelede.

Tydens hierdie Junie 2024 webinaar het die aanbieders onder die tema Moeilike pastorale situasies die volgende onderwerpe behandel:

Deel 1: ‘n Pastorale narratiewe raamwerk (Dr Jo Viljoen)
Deel 2: Hantering van stres, angs, depressie (Dr Jo Viljoen)
Deel 3: Siekepastoraat en sterwensbegeleiding (Dr Faure Louw)
Deel 4: Verhoudings (Dr Francois Wessels)
Deel 5: Traumaberading (Hanlie Boshoff)
Deel 6: 'n Pastoraal-narratiewe lens op gemeente en gemeenskapsgesondheid (Dr Elmo Pienaar)

Hierdie webinaar is vir R250 aangebied. Volg die skakel hieronder om ons te e-pos oor betaling en dan ontsluit ons die skakels vir die webinaar.

 

moeilike pastorale situasies

Webinaarbiblioteek

Hierdie opname is oop vir almal

Kyk die opname hierbo. Wil jy VBO-punte daarvoor kry? Vul die VBO-refleksievorm in – ’n paar vrae oor wat jy geleer het.