Ons Konteks Webinaar
Ons lewe in opwindende en onseker tye. In sulke tye moet mens weet om te navigeer. Die heel belangrikste ding vir navigasie is om te weet waar jy nou is. Hierdie seminaar help predikante en ander kerklike leiers om te verstaan waar is ons nou.
Dr. Lourens Bosman reflekteer saam met die volgende persone in hierdie webinaar oor ons konteks:
Prof Jannie Rossouw (afgetrede hoof van die UJ Sakeskool) lei 'n sessie oor die SA polities-ekonomiese konteks.
• Neels Jackson (joernalis en vorige Kerkbode redakteur) praat oor die groot teologiese en kerk-politiese skuiwe wat die afgelope dekade of twee in die NG Kerk plaasgevind het.
• Pieter de Villiers, (hoof van navorsing en ontwikkeling by Shadowmatch) se sessie gaan oor die gewoontes en waardes van Suid-Afrikaners.
Van die Kerkbode se verslaggewers het ook hierdie webinaar bygewoon en artikels geskryf oor van die sessies.
Lees gerus die artikel: Data wys Suid-Afrikaners se lonte is kort + Só verander NG Kerk sedert einde van apartheid-era, wat oor Pieter de Villiers se sessie gegaan het.
En ook die artikel: Politieke ekonoom aan gemeenteleiers: Dis tyd vir spaar eerder as uitgee met belastingbetaler wat dit meer en meer ontgeld, wat reflekteer op prof. Jannie Rossouw se sessie.
Hierdie webinaar is aangebied teen R270 per persoon. Gebruik die knoppie hieronder om die webinaar te ontsluit.
