Oor ons geloofsverhoudinge

Oor ons geloofsverhoudinge met God en sin van die lewe - aanlyn Seminaar

Vanuit die Sistematiese Teologie fasiliteer Prof. Danie Veldsman hierdie webinaar.

Om oor ons verhouding met God te praat en oor die sin van die lewe, val saam vanuit 'n geloofsperspektief in teologiese antropologie, dit is, ons geloofsverstaan van menswees voor God. In hierdie seminaar gaan vanuit die beste opwindende eietydse insigte (in die skadu van die "Cradle of humankind" wat net meer as 50km weg is vanaf Pretoria) oor "menswees" in gesprek met twee bybelwetenskaplikes (Dr Fanie Cronje en Dr Kobus Myburg) getree word. Vanuit die gesprek gaan op 'n besondere integrerende wyse (die bybel oor menswees en ons eietydse insigte in die morsige verhale van menswees) die vraag na die sin(ne) van die lewe ontgin en eksploreer word. Die uiteindelike oogmerk met hierdie gesprek is om ons instaat te stel om op 'n dieper, breër en hoër (geloofs)wyse met ons konkrete lyflike bestaan (en al ons sintuie) in hierdie wêreld sinvol te lewe. Terselfdertyd sal ons met wyer en meer begrip met ons geloofsgemeenskappe kan omgaan - veral in ons pastoraat en prediking.

Hermeneutiek en die Bybel

Webinaarbiblioteek

Hierdie opname is oop vir almal

Kyk die opname hierbo. Wil jy VBO-punte daarvoor kry? Vul die VBO-refleksievorm in – ’n paar vrae oor wat jy geleer het.